Wetenskaponderwyser

Verified
jan-celliers.png
 

Jan Celliers is ‘n onafhanklike skool in Parkview, Johannesburg. Geaffilieer by ISASA.

Wetenskaponderwyser

Die medium van onderrig is Afrikaans.

Geskikte kandidate word uitgenooi om aansoek te doen vir die pos van Wetenskaponderwyser (graad 5 – 7) met ingang Januarie 2027.

Ons is op soek na ‘n energieke en toegewyde opvoeder met ‘n passie vir Wetenskap en ‘n liefde vir kinders. Die suksesvolle kandidaat moet leerders inspireer om nuuskierig te wees, krities te dink en ‘n lewenslange belangstelling in die natuurwetenskappe te ontwikkel.

Vereistes vir die pos:

  • SARO-registrasie;
  • Toepaslike onderwyskwalifikasie (verkieslik ‘n BSc-graad);
  • Uitstekende skriftelike en mondelinge kommunikasievaardighede;
  • Goeie administratiewe – en organisatoriese eienskappe;
  • Rekenaargeletterdheid;
  • Die vermoë om as deel van ‘n dinamiese span te funksioneer.

Verdere verantwoordelikhede:

  • Bestuur van die skool se Eko-klub en reël van maandelikse ekskursies;
  • Verantwoordelik vir die handhawing van die skool se Platinum-status binne die WESSA Eco-Schools-program.

Belangstellende kandidate word versoek om ’n dekbrief en CV per e-pos te stuur na ssmit@jancelliers.co.za.

                     Sluitingsdatum vir aansoeke is Woensdag 2 September 2026.

Slegs kandidate wat op die finale kortlys geplaas word, sal vir ’n onderhoud  gekontak word.

 

Closing Date
02/09/2026
Parkview, Randburg, South Africa
Number of Views: 298
error: Content is protected