St Charles College, founded in 1875, is an independent Christian Boys’ College situated in Pietermaritzburg, South Africa, catering for day boys from Grade 000 to Matric with boarders from Grade 4 upwards. The College has written the University of Cambridge International IGCSE, AS Level and A Level Examinations since 2002.
Spesialis-Afrikaansonderwysers
St Charles College nooi aansoekers vir die aanstelling van geskikte en gekwalifiseerde Spesialis-Afrikaansonderwysers vir ons Laerskool. Die suksesvolle kandidate sal Afrikaans as Tweede Addisionele Taal aan seuns tussen die ouderdomme van 4 en 13 jaar aanbied. Die poste kan op ’n voltydse of deeltydse grondslag gevul word. Ons is op soek na entoesiastiese en toegewyde opvoeders wat daarvan oortuig is dat die doel van tweedetaalonderrig is om selfversekerde en bekwame kommunikeerders te ontwikkel.
Die Kollege vervul sy missie gegrond op kernwaardes en daar word van alle personeel verwag om met integriteit op te tree en gesonde oordeel aan die dag te lê in die uitvoering van hul verantwoordelikheid om seuns op te voed.
Sleutelverantwoordelikhede sluit onder meer die volgende in:
- Aanbied van Afrikaans in die Laerskool.
- Leiding neem in die ontwikkeling en implementering van die Afrikaans-kurrikulum in die Laerskool.
- Aktiewe betrokkenheid by die bevordering en ontwikkeling van Afrikaans binne die Kollege se Taalfakulteit.
Die ideale kandidaat beskik oor:
- ’n Erkende onderwyskwalifikasie.
- Relevante onderwyservaring en ’n bewese rekord van akademiese uitnemendheid.
- Moedertaalvaardigheid in Afrikaans.
- ’n Goeie begrip van internasionale tendense in die onderwys.
- Kennis van die opvoedkundige behoeftes van seuns en hul unieke leervereistes.
- Uitstekende interpersoonlike, skriftelike en mondelinge kommunikasievaardighede, asook goeie administratiewe vermoë.
- Die vermoë om binne die waardes, Christelike etos en missie van die Kollege te funksioneer.
Hoe doen u aansoek?
Slegs kandidate met die toepaslike kwalifikasies, relevante ervaring en geldige SACE – registrasie sal oorweeg word. Indien u van mening is dat u aan die vereistes van hierdie pos voldoen, voltooi asseblief die aansoekvorm wat via die onderstaande skakel beskikbaar is.
Om aansoek te doen, klik op die onderstaande skakel.
Aansoeke sluit op 31 Augustus 2026.
St Charles College is committed to employment equity, and preference will be given to candidates from designated groups.
In line with POPIA, the College will attempt to ensure the confidentiality of all applicants for this role. All reasonable measures will be in place to protect personal information, but it will be used in the recruitment, selection, and reporting process. By submitting your application for this position, you are recognising and accepting this disclaimer.
The College reserves the right not to fill the post. An application will not entitle the applicant to an interview or appointment, and failure to meet the minimum requirements of the advertised post will result in the applicants automatically disqualifying themselves from consideration. If you have not heard from St Charles College within six weeks of your application, please consider that it has been unsuccessful.





ISASA