Skoolhoof

Verified
green-school-south-africa.png
 

Skoolhoof

Green School SA leer vir volhoubaarheid deur gemeenskaps-geïntegreerde, entrepreneuriese leer, omring deur die natuur.

Ons bied ‘n ongelooflike geleentheid om Green School Suid-Afrika verder te lei. Hierdie rol vereis ‘n leier wat in sy hart glo aan progressiewe onderwys en omgewings rentmeesterskap.

Dit is nie ‘n rol vir iemand wat skrikkerig of versigtig is nie, dit vereis iemand wat ‘n avontuur met altwee hande aangryp en die deursettingsvermoë het om dit deur te sien. Dit vereis ‘n leier wat ons kollegas, leerders en ouers inspirer.

As jy glo dat leer verwondering bring, dat egte verhoudings transformerend kan wees, dat ons kinders leer en nie inhoud nie, en dat onderwys ‘n rol speel om ons wêreld volhoubaar te maak, dan nooi ons jou uit om by ons aan te sluit.

Rolbeskrywing:

Akademiese leierskap:

Die Hoof van die Skool is die akademiese leier van ons skool, verantwoordelik vir die kurrikulum, kurrikulum ontwikkeling en inspirerende en visionêre leierskap vir ons skoolgemeenskap.

Skooladministrasie:

Ouer kommunikasie en ontwikkeling van sterk verhoudings met ons ouergemeenskap.

Personeelbestuur, insluitende aanstellings, professionele ontwikkeling, en prestasiebestuur.

Gedeelde verantwoordelikheid vir bemarking en inskrywings in die skool om leerdergetalle te groei, en seker te maak dat nuwe gesinne se doelwitte belyn met ons skool se doel en waardes.

Akkreditasie:

Om NEASC akkreditasie te behou deur te verseker die nodige stelsels, structure en kwaliteit van leer voldoen aan vereiste standaarde.

Volhoubaarheids voorstaander:

Proaktiewe bevording van ons skool se impak as ‘n leier in regeneratiewe onderwys.

 Vereistes:

  • Bewese ervaring van ten minste 5 jaar in Skoolhoof of Onderhoof posisies, ideaal met leierskap ondervinding in Hoërskole;
  • Proaktiewe en betrokke benadering tot leierskap;
  • Ondervinding met toesig oor kurrikulumontwikkeling en die koördinering van pedagogiese samehang oor verskillende fases;
  • Relevante graad en onderwyskwalifikasie. ‘n Meestersgraad of verder sal ‘n voordeel wees;
  • SACE geregistreerd;
  • Ondervinding met internasionale kurrikula en internasionale skool akkreditasie, verkieslik NEASC, sal ‘n voordeel wees.
  • Vlot in Afrikaans en Engels.

Proses:

Voltooi die aansoekvorm op ons webtuiste – wees gewaarsku, selfs die vorm is vir die avontuurlustiges!

Sluitingsdatum: 25 Oktober 2026

Begindatum: 1 Januarie of 1 April 2027

 

Meer inligting beskikbaar by http://www.greenschoolsa.co.za/careers

Kyk gerus deur ons sosiale media bladsye om meer te leer van ons skool. Ons sien so uit om van julle te hoor!

Closing Date
25/10/2026
r45 Simondium - Klapmuts Road, Simondium, Paarl, Western Cape, South Africa
Number of Views: 70
icon-angle icon-bars icon-times
error: Content is protected