PERSEPTUELE ONDERWYSERES
2 Poste | Voltyds (5 dae per week)
Ons is op soek na twee energieke, vriendelike, positiewe en toegewyde onderwyseresse met ‘n besondere liefde vir kleuters van 6 jaar en ‘n passie vir vroeë kinderontwikkeling en perseptuele stimulering
Minimum Vereistes
•’n Erkende B.Ed.-graad (of gelykwaardig), ‘n Diploma in Onderwys (Graad R) of ‘n PGCE.
•Geldige SACE-registrasie is verpligtend.
•Kennis van en ‘n besondere belangstelling in perseptuele ontwikkeling en skoolgereedheid.
•Goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede.
•Die vermoë om selfstandig te werk en effektief met onderwysers, ouers en die bestuur van albei skole saam te werk.
•Die suksesvolle kandidate sal by Midstream College Pre-Primêr (MCPP) en Midstream Ridge Pre-Primêr (MRPP) werksaam wees en verantwoordelik wees vir die aanbieding en koördinering van perseptuele ontwikkelingsaktiwiteite by die skole.
•Die pos sluit ook die afrigting van naskoolse buitemuurse aktiwiteite by die laerskool in.
•Kan in Afrikaans en Engels kommunikeer.
•Bereid om ’n polisie-klaring te verskaf indien vir ’n onderhoud uitgenooi word.
Die poste is vanaf 1 JANUARIE 2027 beskikbaar.
Die algemene pligte en verantwoordelikhede sluit onder andere die volgende in:
- Beplanning en aanbieding van ouderdomsgepaste perseptuele ontwikkelingsaktiwiteite vir kleuters van 6 jaar.
- Stimulering en ontwikkeling van visuele en ouditiewe persepsie, ruimtelike oriëntasie, liggaamsbewustheid, motoriese vaardighede en ander vaardighede wat belangrik is vir skoolgereedheid.
- Waarneming en identifisering van kleuters wat moontlik addisionele ontwikkelingsondersteuning benodig.
- Aanbieding van individuele en kleingroepaktiwiteite om spesifieke perseptuele ontwikkelingsbehoeftes aan te spreek.
- Deurlopende monitering en dokumentering van kleuters se vordering, asook die opstel van toepaslike terugvoer en verslae.
- Samewerking met klasonderwysers en die bestuurspanne van albei skole om ontwikkelingsbehoeftes te identifiseer en toepaslike ondersteuning te bied.
- Voorbereiding, instandhouding en korrekte berging van perseptuele hulpmiddels, toerusting en opvoedkundige materiaal.
- Afrigting van naskoolse buitemuurse aktiwiteite by die laerskool, insluitend die beplanning, organisering en toesig van oefensessies en verwante byeenkomste.
- Deelname aan personeelvergaderings, opleiding, skoolfunksies en ander skoolverwante aktiwiteite wat ook in die aande en/of op Saterdae kan plaasvind.
- Uitvoering van administratiewe take wat met die pos verband hou.
Die salaris sal tydens die onderhoude bespreek word.
Die aansoekproses behels die indiening van ’n CV, tesame met ’n motivering van een bladsy waarin jy verduidelik waarom jy die geskikte kandidaat is en waarom jy vir die pos oorweeg behoort te word.
Kandidate moet die volgende dokumente inhandig tydend die aansoekproses:
- Identiteitsdokument, kwalifikasies en relevante kursussertifikate.
- SACE-registrasiesertifikaat.
- Mediesefondslidmaatskapsertifikaat (indien van toepassing).
- ‘n Onlangse salarisstrokie (indien tans in diens).
Bogenoemde dokumentasie moet óf persoonlik óf elektronies ingedien word by:
Me. Elmari de Witt
E-pos: operations@mcpp.co.za
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 3 NOVEMBER 2026





ISASA