MEDIA- EN ONDERWYSONDERSTEUNINGSBEAMPTE

Verified
midstream-pre-primary.png
 

MEDIA- EN ONDERWYSONDERSTEUNINGSBEAMPTE

2 Poste | Voltyds (5 dae per week)

Ons is op soek na energieke, vriendelike, kreatiewe, handige, georganiseerd en akkurate spanspeler wat ’n passie vir mense en kinders het om as ’n Media- en Onderwysondersteuningsbeampte by ’n kleuterskool te werk.

Minimum Vereistes

  • Graad 12 (Matriek).
  • ’n Onderwyskwalifikasie (voltooi of in proses, bv. B.Ed. Grondslagfase of ’n Diploma in Graad R-onderrig), of ’n kwalifikasie in Vroeëkindontwikkeling op NKR-vlak 4 of hoër. En/of
  • Ondervinding in administrasie sal as ’n aanbeveling beskou word.
  • ’n Goeie werkende kennis van Microsoft Office, en spesifiek Microsoft Word & Excel, is ’n noodsaaklike vereiste vir hierdie pos.
  • Kan in Afrikaans en Engels kommunikeer.
  • Bereid om ’n polisie-klaring te verskaf indien vir ’n onderhoud uitgenooi word.

Werksure:

Die poste is vanaf 1 JANUARIE 2027 beskikbaar.

Dae                                         Fokus

Maandag en Dinsdag : Die mediasentrum: opvoedkundige speelgoed (Maandag) en boeke (Dinsdag), voorraadbeheer en inventarisse

Woensdag tot Vrydag : Onderwysondersteuning: aflos in klasse, ondersteuning van kinders, funksies, bemarking en die maak van hulpbronne. Buitemuurse aktiwiteite afrig by die laerskole

Die werksure geld van Maandae tot Vrydae gedurende skoolkwartale 07:00 – 17:00
Werksure gedurende die vakansie is 1 week 07:00 – 16:00.
Die algemene pligte en verantwoordelikhede sluit onder andere die volgende in:

Mediasentrum en voorraad

  • In- en uitneem van opvoedkundige speelgoed, sensopatiese materiaal en boeke.
  • Inventarisse op die strepieskodestelsel en voorraadbeheer van skryfbehoeftes en klasvoorraad.
  • Ontvangs en verdeling van aflewerings, en herstel van boeke en speelgoed.

In die klasse

  • Aflos wanneer ’n juffrou of assistent afwesig is.
  • Kleingroep- en een-tot-een ondersteuning: fynmotoriek inoefening.
  • Toesig tydens speeltyd, hulp met roetines by die jonger klasse en ondersteuning by uitstappies

Kreatiewe hulpbronne

  • Maak leermiddels, speletjies, fantasiekiste en klaskamerversierings.
  • Help met die fantasietuin, die perseptuele saal en robotika/STEM-aktiwiteite.

Funksies en konsert

  • Kostuums, dekor en rekwisiete; oefen danspassies; koördineer kinders agter die verhoog.

Bemarking

  • Neem van Foto’s en video’s vir die skool se sosiale media.
  • Help met die opstel van funksies/ uitstallings vir die die skoolfunksies soos bv.Opedag.

Buitemuurse aktiwiteite

  • Betrokke by die afrigting van buitemuurse aktiwiteite by die laerskool.

Vereiste Vaardighede

  • Goeie mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels.
  • Uitstekende rekenaarvaardighede, spesifiek MS Office (Word, Excel).
  • Die vermoë om groot volumes werk sistematies en doeltreffend te hanteer.
  • Die vermoë om onder druk te werk en sperdatums te haal.
  • Goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede, met uitstekende aandag aan detail.
  • Die vermoë om effektief onder druk te funksioneer.
  • Goeie menseverhoudings- en lewensvaardighede. Lewensvaardighede vorm ’n belangrike deel van hierdie rol.

Die salaris sal tydens die onderhoude bespreek word.

Die aansoekproses behels die indiening van ’n CV, tesame met ’n motivering van een bladsy waarin jy verduidelik waarom jy die geskikte kandidaat is en waarom jy vir die pos oorweeg behoort te word.

Kandidate sal gedurende die onderhoudproses versoek word om ’n tiktoets te voltooi.

Bogenoemde dokumentasie moet óf persoonlik óf elektronies ingedien word by:

Me. Elmari de Witt
E-pos: operations@mcpp.co.za
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 3 NOVEMBER 2026

Closing Date
03/11/2026
1 Ridgeway Avenue, Midstream, Olifantsfontein, South Africa
Number of Views: 147
icon-angle icon-bars icon-times