Marimba onderwyser

Verified
green-school-south-africa.png
 

Marimba onderwyser

Musiekonderwysers bring vreugde en lig in ons lewens, en het die vermoë om emosionele ontwikkeling en fyn motoriese ontwikkeling teweeg te bring, en terselfdertyd angs en spanning te verlig. Musiek kan die mees verrykendste klas in die skool wees, ‘n universele taal wat taal-, kognitiewe – en wiskundige vaardighede bevorder – so ‘n lang lys van voordele! En natuurlik kreatiwiteit en vreugde, eindelose vreugde!

As jy ‘n musikant is, of gekwalifiseerde musiekonderwyser is, dan is hierdie dalk die volgende hoofstuk in jou lewe, en ons sien uit om van jou te hoor.

Meer oor ons skool:

Green School SA is ’n internasionale K–12-skool, geakkrediteer deur NEASC en geleë in die Paarl. Ons skool se doel is om te leer vir volhoubaarheid, en volhoubaarheid is geïntegreer in ons infrastruktuur, operasionele prosesse, kurrikulum en impakaktiwiteite.

Die musiekpos gee musiekklas vir al die leerders van Graad 1 – 12, meestal met marimbas, maar ook djembe dromme en ukelele’s.

Is dit jy?

  • ’n Groen-leefstyl moet deel wees van wie jy is: ’n liefde vir die omgewing en ’n fokus op sosiale volhoubaarheid lê na aan die hart van die skool.
  • Liefde vir musiek maak, en om kinders te help leer hoe om musiek te maak. Ons gebruik hoofsaaklik marimbas, maar ook djembe drommetjies en ukeleles.
  • Natuurlike leergierigheid met kennis van verskillende kurrikulums en ondervinding in kurrikulum ontwikkeling.
  • Aanpasbaarheid in veranderende omstandighede.
  • Geniet samewerking met ander opvoeders.

Vereistes:

  • Minstens 5, maar verkieslik 10 jaar onderwyservaring
  • B.Ed en/of NGOS, of ’n ander tersaaklike graad
  • SACE-registrasie
  • Vlot in Engels en Afrikaans
  • Ervaring in internasionale onderrig of in ’n kultureel en opvoedkundig diverse omgewing sal ’n voordeel wees

Proses:

  • Voltooi die aanlyn aansoekvorm op ons webwerf
  • Sluitingsdatum: 9 Augustus 2026
  • Begindatum: 1 Oktober 2026 of 1 Januarie 2027, afhangende van die beskikbaarheid van ons voorkeurkandidaat

Vir meer inligting, besoek ons webwerf by http://www.greenschoolsa.co.za/careers of loer gerus na ons sosiale media-bladsye.

Ons sien uit daarna om van jou te hoor.

Closing Date
09/08/2026
Paarl, South Africa
Number of Views: 126
error: Content is protected