Die Deutsche Schule Kroondal
rig ‘n uitnodiging aan belangstellendes om aansoek te doen vir die volgende vakature:
Kleuterskool-assistent
Advertensiedatum: 15 Junie 2026
Sluitingsdatum: 30 Julie 2026
Die Deutsche Schule Kroondal (DSK) is ‘n privaatskool en is in Kroondal, aan die voet van die Magaliesberge net buite Rustenburg, geleë. Sedert 1892 fokus die skool daarop om kinders op te voed met karakter, integriteit, rentmeesterskap en medemenslikheid. Die DSK maak voorsiening vir kinders vanaf ˊn 3-jarige ouderdom tot en met graad 7. Dit is ons missie om onderrig van uitstekende gehalte te lewer met die doel om veeltalige, Christelike en gebalanseerde kinders te ontwikkel, hulle volle potensiaal te ontsluit en om leerders vir alle fasette van die samelewing voor te berei.
Die ideale kandidaat sal aan die volgende basiese vereistes moet voldoen:
- Duits magtig sal beduidend voordelig wees.
- ‘n Geskikte, Suid-Afrikaans-erkende kwalifikasie, of aktief besig om te studeer vir ‘n geskikte kwalifikasie, sal tot voordeel wees.
- Ervaring met kleuterskoolleerders sal voordelig wees.
- Passievol, energiek, gemotiveerd en georganiseerd wees.
- Oor goeie kommunikasie- en rekenaarvaardighede beskik.
- ‘n Polisie-klaring kan bekom indien aangevra.
- ʼn Geldige rybewys sal voordelig wees.
Verantwoordelikhede:
Behulpsaam wees by alle aktiwiteite en gebeure by die kleuterskool en skool soos vereis. Hulpverlening by die Naskool.
Datum van aanstelling: 1 Januarie 2027
Indien daar geen kommunikasie na die 15de Augustus is nie, beskou die aansoek asb. as onsuksesvol.
Die Skoolhoof
Mev. Crystelle Marais
014 536 3814 / 082 373 5658
principal.dsk@kroondal.org.za
Die Spatzennesthoof
Mev. Anique Schelhase
084 912 3278
anique.otto@yahoo.com
Die Voorsitter van die BHL
Mnr. Bennie Havenga
083 651 0249
bennie.havenga@gmail.com





ISASA