INLIGTINGSTEGNOLOGIE | GRAAD 10–12

Verified
leeuwenhof-akademie.png
 

VAKANTE ONDERWYSPOS

INLIGTINGSTEGNOLOGIE | GRAAD 10–12

’n Inligtingstegnologie-onderwyser vir u meer as net ’n vak?

By Leeuwenhof Akademie kry u die geleentheid om jongmense toe te rus vir ’n veranderende wêreld met kennis, kritiese denke, praktiese vaardighede én karakter. Ons soek ’n dinamiese, toegewyde onderwyser wat uitstekende klasonderrig met ’n opregte hart vir leerders en Christelike onderwys kombineer.

Posomskrywing

  • Bied Inligtingstegnologie aan met ’n sterk fokus op uitstekende klasonderrig en akademiese groei.
  • Beplan doelgerigte, relevante lesse wat nuuskierigheid, begrip en praktiese toepassing bevorder.
  • Ontwikkel leerders se digitale vaardighede, kritiese denke en probleemoplossingsvermoë.
  • Gebruik effektiewe onderrigstrategieë en gee betekenisvolle, tydige terugvoering.
  • Onderrig leerders in Afrikaans en Engels en help elke leerder om sy of haar potensiaal te ontdek.

Vereistes

  • ’n Geskikte professionele kwalifikasie vir Inligtingstegnologie; ervaring sal ’n voordeel wees.
  • ’n Onderwyser met puik klasonderrig, energie, inisiatief en ’n passie vir jongmense.
  • Sterk bestuur-, organisasie- en administratiewe vaardighede.
  • Uitstekende menseverhoudinge met leerders, ouers en kollegas.
  • Professionele gedrag, etiek en lojaliteit teenoor die skool.
  • ’n Positiewe ingesteldheid teenoor en vereenselwiging met Leeuwenhof se Christelike etos en waardes.
  • IEB-ervaring sal voorkeur geniet; geldige SACE-registrasie is noodsaaklik.

Meer as net die klaskamer

  • Raak betrokke by sport, kultuur of ander skoolaktiwiteite.
  • Bou saam aan spanwerk, skoolgees en ’n positiewe, veilige leeromgewing.

Waarom Leeuwenhof?

Hier word onderwysers deel van ’n span wat glo dat elke leerder gehelp, ontwikkel en geïnspireer moet word. Ons waardeer sterk klasonderrig, professionele groei, goeie verhoudinge, spanwerk en ’n waardegedrewe skoolkultuur. U sal nie bloot ’n vak aanbied nie – u sal help om jongmense vir hul toekoms te vorm.

Aansoeke

Stuur ’n volledige CV met gesertifiseerde afskrifte van u ID, akademiese kwalifikasies en SACE-registrasie aan die Hoërskoolhoof, Mnr Daan Wessels, by daanw@leeuwenhof.co.za

Sluiting van aansoeke: 20 Oktober 2026

Vulling van pos: 1 Januarie 2027

Geskikte kandidate sal vir onderhoude genooi word. Indien u geen kommunikasie 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, is u aansoek onsuksesvol.

Adres: H/v Geldenhuis- en Antonstraat, Bedfordview

Closing Date
20/10/2026
Bedfordview, Germiston, South Africa
Number of Views: 83
icon-angle icon-bars icon-times