HOOF
Die Deutsche Schule Kroondal rig ‘n uitnodiging om aansoek te doen vir die pos as HOOF
Die DSK is ʼn privaatskool aan die voet van die Magaliesberge, in Kroondal net buitekant Rustenburg. Sedert 1892 fokus die skool daarop om kinders op te voed met karakter, integriteit, rentmeesterskap en medemenslikheid. Die DSK maak voorsiening vir kinders vanaf 3 jaar oud tot Graad 7. Ons visie is om veeltalige, Christelike en gebalanseerde kinders te ontwikkel deur hulle volle potensiaal te ontsluit en om leerders vir alle fasette van die samelewing voor te berei.
Met ʼn ryk geskiedenis van 134 jaar van uitnemendheid en tradisie, is ons verbind tot die kweek van sosiale verantwoordelikheid en wedersydse respek en sou ons die volgende van ’n suksesvolle kandidaat verlang:
- ʼn Ervare leier wat passievol is oor onderrig en die opvoedingstaak, met groot toewyding en ʼn aktiewe belangstelling in die werk van die leerlinge en personeel, asook om vakke te onderrig.
- Ten minste 5 jaar ervaring in Onderwysbestuur en Beheer op senior vlak.
- Ervaring in kurrikulumbestuur en ontwikkeling
- Strategiese denke, vasberadenheid en geduld.
- Kundigheid in en ervaring met die werwing van onderwysers en die bestuursvermoё om hulle te behou; asook om die belangrikheid van verhoudings te besef, die bemagtiging van personeel en leerlinge op die hart te dra en ʼn groot kapasiteit te besit om empatie te betoon.
- Kulturele sensitiwiteit te besit en ʼn selfversekerde kommunikeerder te wees met die kapasiteit om sterk netwerke te bou om sodoende voorsiening te maak vir die bevordering van ‘n inklusiewe skoolomgewing waarin verhoudings met ‘n wye verskeidenheid belanghebbendes (leerders, ouers, personeel, gemeenskap en alumni) gekoester word. (Dit is nie ʼn vereiste dat die hoof Duits magtig is nie.)
- Vanaf Januarie 2027 diens te aanvaar
Hierdie aanstelling sal die suksesvolle kandidaat ‘n opwindende geleentheid bied om
- tradisie en vervloё sukses met innovasie en toekomsgerigte denke te balanseer;
- om te hou wat goed en waardevol is en om dit wat nuut en nodig is, by te voeg;
- om die skool se reputasie vir uitnemendheid te handhaaf.
Die nuwe hoof sal met die beheerliggaam saamwerk om die strategiese visie van die skool binne die steeds veranderende plaaslike, nasionale en internasionale konteks te ontwikkel en te bestuur. As deel van die strategiese visie word beoog dat die getal leerders, wat in die skool ingeskryf is, sal styg en integrasie van die groenkampusinitiatief ondersteun en bevorder sal word.
Aansoeke vir hierdie pos, insluitende ‘n CV, gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies en SACE registrasie, sowel as die name en kontaknommers van drie referente, moet per e-pos aan die Voorsitter van die Beheerliggaam gestuur word by bennie.havenga@gmail.com, of alternatiewelik aan die Onder-voorsitter by ferdi@bfap.co.za
Navrae is kan ook graag gerig word na 083 651 0249.
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 14 Augustus 2026. Let asseblief daarop dat slegs kortlys- kandidate gekontak sal word en dat die skool die reg behou om nie ‘n aanstelling te maak nie.





ISASA