Hoërskool Taalonderwyser: Engels en Afrikaans

Verified
green-school-south-africa.png
 

Hoërskool Taalonderwyser: Engels en Afrikaans

Ons is op soek na ’n uitsonderlike hoërskoolonderwyser wat lief is vir tale, passievol is oor progressiewe onderwys, en baie bewus is van die ekologiese uitdagings wat ons planeet in die gesig staar.

Oor ons skool:

Green School SA is ’n internasionale K–12-skool, geakkrediteer deur NEASC en geleë in die Paarl. Ons skool se doel is om te leer vir volhoubaarheid, en volhoubaarheid is geïntegreer in ons infrastruktuur, operasionele prosesse, kurrikulum en impakaktiwiteite.
Ons skool volg die Amerikaanse model waar die Laerskool strek vanaf Graad 1 tot 5, Middelskool vanaf Graad 6 tot 8, en Hoërskool vanaf Graad 9 tot 12. Leerders matrikuleer met ’n Amerikaanse Hoërskooldiploma.

Hierdie posisie sal aansluit by die Hoërskoolspan, verantwoordelik vir die onderrig van Engels Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal.

Is dit jy?

As jy diep geïnteresserd is in onderwys, met spesifieke belangstelling in progressiewe onderwys, volhoubaarheid en die integrasie daarvan in leer, en om jongmense te help ontwikkel in bedagsame, bekwame en vervulde volwassenes, is Green School SA dalk die regte tuiste vir jou.

Ons soek ’n onderwyser wat opgewonde en nuuskierig is oor hoe leer plaasvind. Iemand wat reeds verskillende benaderings tot leer verken het en ondervinding het in kinder-gesentreerde leer, soos projekgebaseerde- of probleemgebaseerde leer. Iemand verskillende assesseringsmetodologieë ondersoek en nie net punte en puntekaarte najaag nie, maar diep vervulling vind in egte leer.

Vereistes:

  • Minstens 5, maar verkieslik 10 jaar onderwyservaring
  • B.Ed en/of NGOS, of ’n ander tersaaklike graad
  • SACE-registrasie
  • Vlot in Engels en Afrikaans
  • Ervaring in internasionale onderrig of in ’n kultureel en opvoedkundig diverse omgewing sal ’n voordeel wees
  • Ervaring met projekgebaseerde leer sal ’n voordeel wees

Proses:

  • Voltooi die aanlyn aansoekvorm op ons webwerf
  • Sluitingsdatum: 9 Augustus 2026
  • Begindatum: 1 September 2026 of 1 Oktober 2026, afhangende van die beskikbaarheid van ons voorkeurkandidaat

Vir meer inligting, besoek ons webwerf by http://www.greenschoolsa.co.za/careers of loer gerus na ons sosiale media-bladsye.
Ons sien uit daarna om van jou te hoor.

 

Closing Date
09/08/2026
R45, Lemoenkloof, Paarl, 7646, South Africa
Number of Views: 101
error: Content is protected