Grondslagfase en intermediere Fase
Position: Recently qualified teachers: Grondslagfase en intermediere Fase
Address: R45 Simondium Road, Paarl, Western Cape
Website: http://www.greenschoolsa.co.za
Link to more info: http://www.greenschoolsa.co.za/careers
Welkom alle energieke jong onnies!
Ons is op soek na nuut-gekwalifiseerde, geïnspireerde individue wat wil deel word van ‘n uitgesoekte span Green School onderwysers.
Ons soek na pioniers, na passievolle onderwysers wat alreeds volhoubare leefstyle het, en wat ‘n voorbeeld kan wees vir ons leerders, mekaar en ons gemeenskap.
As jy opgewonde oor jou loopbaan in onderwys is, as jy uitsien daarna om ‘n groot, positiewe impak op kinders te maak en wil bydra tot die volhoubaarheid van ons planeet, dan is Green School die plek vir jou!
Ons soek pas gekwalifiseerde onderwysers vir Grondslagfase en Intermediêre Fase. Jy gaan saam met ‘n ervare onderwyser werk, iemand wat al ‘n interessante, fasinerende en inspirerende loopbaan gehad het en as mentor vir jou kan optree. Jou rol gaan insluit om te help waar nodig, om klasse aan te bied soos nodig, en om al jou kreatiwiteit, innoverendheid en entoesiasme vir onderwys op die proef te stel.
Hierdie vorm gaan ‘n tydjie vat om te voltooi omdat ons jou graag beter wil leer ken.
Ons gaan almal op die kortlys binne 4 weke kontak – maak dus asb seker jou e-pos adres en selfoon nommer is reg!
Om die vorm te voltooi, benodig jy?
- ‘n 2-bladsye CV
- Elektroniese kopie of foto van jou kwalifikasies (indien jy dit al het);
- Elektroniese kopie van jou SACE sertifikaat (indien jy dit al het);
- ‘n Skakel na ‘n video van jouself, 2 – 3 minute lank, wat in beide Afrikaans en Engels gemaak is.
‘n Paar belangrike besonderhede:
- Hierdie is vir ‘n 2-jaar kontrak, wat dien as ‘n ongelooflike begin vir jou loopbaan.
- Sluitingsdatum vir aansoeke is 20 November 2026
- Begindatum is 1 Januarie 2027 met jou eerste dag 6 Januarie 2027 wanneer ons op ons jaarlikse personeel kamp gaan!





ISASA