Assistent-onderwyser

Verified
deutsche-schule-kroondal.png
 

Die Deutsche Schule Kroondal

rig ‘n uitnodiging aan belangstellendes om aansoek te doen vir die volgende vakature:

Assistent-onderwyser

Advertensiedatum: 24 Augustus 2026
Sluitingsdatum: 11 September 2026

Die Deutsche Schule Kroondal (DSK) is ‘n privaatskool en is in Kroondal, aan die voet van die Magaliesberge net buite Rustenburg, geleë. Sedert 1892 fokus die skool daarop om kinders op te voed met karakter, integriteit, rentmeesterskap en medemenslikheid. Die DSK maak voorsiening vir kinders vanaf ˊn 3-jarige ouderdom tot en met graad 7. Dit is ons missie om onderrig van uitstekende gehalte te lewer met die doel om veeltalige, Christelike en gebalanseerde kinders te ontwikkel, hulle volle potensiaal te ontsluit en om leerders vir alle fasette van die samelewing voor te berei.

Die ideale kandidaat sal aan die volgende basiese vereistes moet voldoen:

  • Duits magtig sal beduidend voordelig wees.
  • ‘n Geskikte, Suid-Afrikaans-erkende kwalifikasie, of aktief besig om te studeer vir ‘n geskikte kwalifikasie, sal tot voordeel wees.
  • Ervaring met laerskoolleerders sal voordelig wees.
  • Passievol, energiek, gemotiveerd en georganiseerd wees.
  • Oor goeie kommunikasie- en rekenaarvaardighede beskik.
  • ‘n Polisie-klaring kan bekom indien aangevra.
  • ʼn Geldige rybewys sal voordelig wees.

Verantwoordelikhede:

Behulpsaam wees by alle aktiwiteite en gebeure by die kleuterskool en skool soos vereis. Hulpverlening by die Naskool.

Datum van aanstelling: 1 Januarie 2027

  • Indien daar geen kommunikasie na 15 September is nie, beskou die aansoek asb. as onsuksesvol.

Rig aansoeke, tesame met ‘n volledige CV en ten minste drie verwysings, aan enige van:

Die Skoolhoof
Mev. Crystelle Marais
014 536 3814 / 082 373 5658
principal.dsk@kroondal.org.za

Die Voorsitter van die BHL
Mnr. Bennie Havenga
083 651 0249
bennie.havenga@gmail.com

 

 

Closing Date
11/09/2026
Number of Views: 129
error: Content is protected