Rûens Kollege is ’n onafhanklike, Christelike skool in die landelike Klipdale-area van die Overberg. Ons bied ’n uitdagende en kreatiewe kurrikulum binne ’n waardegedrewe en ondersteunende omgewing, waar leerders toegerus word met die kennis, vaardighede en waardes om met selfvertroue te groei.
Ons nooi aansoeke vir die volgende vakante pos:
AFRIKAANS HUISTAAL | INTERMEDIÊRE EN SENIOR FASE
’n Permanente betrekking is beskikbaar vir ’n gekwalifiseerde, passievolle en ervare onderwyser om Afrikaans Huistaal in die Intermediêre en Senior Fase te onderrig.
Die ideale kandidaat beskik oor:
- ’n Relevante professionele onderwyskwalifikasie.
- SACE-registrasie.
- ’n Passie vir Afrikaans en die vermoë om die vak op ’n hoë akademiese vlak aan te bied.
- ’n Liefde vir taal en letterkunde en die vermoë om leerders se waardering daarvoor te ontwikkel.
- Die vermoë om kritiese- en hoërorde-denke te stimuleer en leerders aan te moedig om onafhanklik, analities en kreatief te dink.
- Sterk kennis van taalstrukture, leesbegrip, skryfvaardighede en Afrikaanse letterkunde.
- Die vermoë om leerders se taal-, kommunikasie-, analitiese en probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel.
- Die vermoë om effektiewe en gedifferensieerde onderrigstrategieë toe te pas om aan verskillende leerbehoeftes en vermoësvlakke te voldoen.
- Goeie klasbestuurs- en assesseringsvaardighede.
- Kreatief, innoverend, goed georganiseerd, selfgemotiveerd en verantwoordelik.
- Uitstekende skriftelike en mondelinge kommunikasievaardighede.
- Die vermoë om goed in spanverband saam te werk.
- Bereidwilligheid om tot die skool se waardes, etos en buitemuurse programme by te dra.
- ’n Professionele, verantwoordelike en positiewe ingesteldheid.
Aanvangsdatum: 1 Januarie 2027.
Sluitingsdatum van aansoeke: 11 Oktober 2026.
Rig aansoeke deur ‘n Curriculum Vitae met ondersteunende dokumente, asook die kontakbesonderhede van drie verwysings te stuur aan: vakatures@ruenskollege.co.za.
Indien die skool u nie binne twee weke na die sluitingsdatum kontak nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.





ISASA