SENIOR AFRIKAANS HUISTAAL ONDERWYSER/ES

Verified
st-paulus.png
 

St Paulus is ‘n onafhanklike Katolieke, dubbelmedium laerskool wat ‘n holistiese opvoeding
aan seuns en meisies bied.

Kandidate word genooi om vir die volgende pos aansoek te doen:

SENIOR AFRIKAANS HUISTAAL ONDERWYSER/ES

INTERSENFASE 2025

Die skool beoog om ‘n voltydse en toegewyde Afrikaanse Onderwyser/es aan te stel wat in staat is om Afrikaanse onderrig te gee vir die Intersenfase. Kandidate moet oor die relevante kwalifikasies beskik. Let op dat oorweging slegs gegee sal word aan kandidate met die onderstaande:

KWALIFIKASIES EN ONDERVINDING

  • ‘n Professionele en relefante kwalifikasie met Afrikaans as ‘n spesialis vak (voeg asb gesertifiseerde afskrifte aan u CV).
  • ‘n Minimum van 3 jaar ondervinding as Afrikaanse Huistaal klasonderwyserres op Intermediêre vlak (ondervinding van Afrikaanse onderrig by ‘n hoërskool is voordelig).
  • SACE Registrasie Sertifikaat.

VAARDIGHEDE EN BEVOEGDHEDE

  • In-diepte kennis van die Afrikaanse Huistaal vakinhoud op Intermediêre vlak
  • Gevorderde ICT vaardighede met die vermoë om tegnologie en administratiewe praktyke by onderrig in te sluit.
  • Vermoë om as deel van ‘n span te werk, met ‘n sterk werksetiek.
  • Vaardig in Engels en Afrikaans, met uitstekende geskrewe en kommunikasie vaardighede.
  • Sterk administratiewe vaardighede.
  • Gewilligheid om aan naskoolse buitemuurse aktiwiteite deel te neem en te koördineer.
  • Katoliek of ‘n deeglike begrip van Katolisisme.
  • Gewilligheid om deel te neem aan die wyer lewe van die skool en ons Katolieke etos te ondersteun.
  • Gewillig om betrokke te wees by naskoolse aktiwiteite (spesifiseer asb u vaardighede).

Geïnteresseerde kandidate met relevante ervaring word versoek om ‘n kort CV met drie onlangse, kontakbare verwysings, ‘n kopie van jou Polisieverklaringsertifikaat asook n gesertifiseerde kopie van jou SACE Sertifikaat en n motiveringsbrief te stuur na die Skoolhoof te e-pos na: vacancies@stpaulus.co.za teen 15 Oktober 2024.

St Paulus is ‘n gelykegeleentheidswergewer wat volgens standaarde vir kinderbeskerming funksioneer en ‘n diverse werkplek waardeer. Die indiening van ‘n CV kwalifiseer nie outomaties die aansoek vir ‘n onderhoud nie. Aansoekers wat nie binne 2 weke na die sluitingsdatum van hierdie advertensie van ons hoor nie, kan aanvaar dat hul aansoek nie suksesvol was nie. Slegs kandidate op die kortlys sal van hule uitslag in kennis gestel word.

In ooreenstemming met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI), is alle redelike maatreëls in plek om die inligting van aansoekers te beskerm, en dit sal uitsluitlik gebruik word vir hierdie prosedure wat verband hou met hierdie aansoekproses, insluitend werwing, keuring en verslagdoening. Indiening van jou CV bevestig toestemming hiervoor.

Closing Date
15/10/2024
Brummeria, Pretoria, Gauteng, South Africa
Number of Views: 95

You cannot copy content from this page