LAERSKOOL HOOF
Hiermee word bogenoemde pos by Leeuwenhof Akademie geadverteer vir aanvang 1 Mei 2023.
Aansoeke moet voor of op 17 Februarie 2023 by mnr. JP Lessing ingehandig word of per e-pos aan hom gestuur word by jacol@leeuwenhof.co.za
Die Laerskool is op soek na `n skoolhoof met die volgende KWALITEITE:
- `n Waardegedrewe rolmodel met integriteit en sterk werksetiek wat die skool se waardes, etos en visie met elke geleentheid werklik nastreef, bevorder en uitbou.
- ‘n Dinamiese persoon met bogemiddelde vermoë om verhoudings te bou en te kweek, ook buite skoolverband.
- Sosiale bewustheid en die vermoë om met mense te verbind.
- Plaas hoë waarde op personeel: is motiverend, ondersteunend en bemagtigend.
- Vriendelik, openlik, deursigtig en toeganklik vir ouers, onderwysers en kinders gelyk.
- Sigbaar, uitgaande en intiem betrokke by alle skoolaktiwiteite; groei verhoudings.
- Hoë vlakke van emosionele intelligensie, menseverhoudings en empatie.
- Verantwoordelik en regverdig, met baie goeie oordeelsvermoë.
- ‘n Strategiese en innoverende denker, toekomsgerig en gedrewe.
- Bly relevant en op hoogte met kindgerigte onderwys, die gebruik van tegnologie en die veranderende opvoedings- en onderrig omgewing.
- Bevorder entreneurskap, eienaarskap en verandering binne skoolverband.
Kandidate moet oor die volgende KWALIFIKASIES beskik:
- Huidige of vorige adjunkhoof- of hoof posisie.
- Relevante onderwyskwalifikasie.
- Nagraadse kwalifikasie sal ondersteunend wees tot die aansoek.
- Bestuurskwalifikasies sal ondersteunend wees tot die aansoek.
Verdere VEREISTES vir kandidate wat kortlys haal:
- `n Persoonlike voorlegging ter ondersteuning van die aansoek, gelewer voor die onderhoudpaneel.
- Psigometriese toetse.
- 3 Referente se kontakbesonderhede.
Kandidate moet ook die volgende VAARDIGHEDE besit:
- Uitstekende verbale en geskrewe kommunikasievaardighede.
- Afrikaans-moedertaalspreker, maar ook vlot in Engels.
- Tegnologiese aanleg met vaardighede in Microsoft Officepakket.
- Strategiese, visionêre denke, om die laerskool aan die voorpunt te hou in `n dinamies veranderende tegnologiese en kulturele omgewing.
- Sterk konflikhanteringsvaardighede om met onderskeidingsvermoë probleme te analiseer en oplossings op `n humanitêre manier te bied terwyl standaarde gehandhaaf word.
- Vermoë om te delegeer.
- Diversiteitsbestuur met inklusiewe benadering.
- Spanspeler wat deur voorbeeld leiding gee en personeel motiveer om die beste uit die span te kry.
- Belangstelling, kennis en ondersteuning van buitemuurse aktiwiteite wat die skool se strewe na uitnemendheid bevorder.
- Hoë akademiese standaarde met die doelstelling om die skoolkurrikulum relevant te hou, prestasie te meet en verder te ontwikkel.
- Wetlike kennis, veral met betrekking tot skolewet, arbeidswet, grondwet en menseregte.
Volledige CV kan ingestuur word met die volgende gesertifiseerde dokumente aangeheg:
- ID.
- Akademiese Kwalifikasies.
- SACE sertifikaat.
- Nuutste betaalstrokie.
Geskikte kandidate sal vir onderhoude genooi word.