LAERSKOOL HOOF

Verified
leeuwenhof-akademie.png
 

LEEUWENHOF AKADEMIE
PRIVAATSKOOL BEDFORDVIEW
Gr.000 – Gr.12

BESKIKBARE VAKATURE:

LAERSKOOL HOOF

Hiermee word bogenoemde pos by Leeuwenhof Akademie geadverteer vir aanvang 1 Januarie 2023.

Die Laerskool is op soek na `n skoolhoof met die volgende KWALITEITE:

‘n Waardegedrewe rolmodel met integriteit en sterk werksetiek wat die skool se waardes, etos en visie met elke geleentheid werklik nastreef, bevorder en uitbou.

  • ‘n Dinamiese persoon met bogemiddelde vermoë om verhoudings te bou en te kweek, ook buite skoolverband.
  • Sosiale bewustheid en die vermoë om met mense te verbind.
  • Plaas hoë waarde op personeel: is motiverend, ondersteunend en bemagtigend.
  • Vriendelik, openlik, deursigtig en toeganklik vir ouers, onderwysers en kinders tegelyk.
  • Sigbaar, uitgaande en intiem betrokke by alle skoolaktiwiteite; groei verhoudings.
  • Hoë vlakke van emosionele intelligensie, menseverhoudings en empatie.
  • Verantwoordelik en regverdig, met baie goeie oordeelsvermoë.
  • ‘n Strategiese en innoverende denker, toekomsgerig en gedrewe.
  • Bly relevant en op hoogte met kindgerigte-onderwys, die gebruik van tegnologie en die veranderende opvoedings- en onderrig-omgewing.
  • Bevorder entrepreneurskap, eienaarskap en verandering binne skoolverband.

Kandidate moet oor die volgende KWALIFIKASIES beskik:

  • Huidige of vorige adjunkhoof- of hoof posisie.
  • Relevante onderwyskwalifikasie.
  • Nagraadse kwalifikasie sal ondersteunend wees tot die aansoek.
  • Bestuurskwalifikasies sal ondersteunend wees tot die aansoek.

Verdere VEREISTES vir kandidate wat kortlys haal:

  • ‘n Persoonlike voorlegging ter ondersteuning van die aansoek, gelewer voor die onderhoudpaneel.
  • Psigometriese toetse.
  • 3 Referente se kontakbesonderhede.

Kandidate moet ook die volgende VAARDIGHEDE besit:

  • Uitstekende verbale en geskrewe kommunikasievaardighede.
  • Afrikaans-moedertaalspreker, maar ook vlot in Engels.
  • Tegnologiese aanleg met vaardighede in Microsoft Office-pakket.
  • Strategiese, visionêre denke, om die laerskool aan die voorpunt te hou in `n dinamies veranderende tegnologiese en kulturele omgewing.
  • Sterk konflikhanteringsvaardighede om met onderskeidingsvermoë probleme te analiseer en oplossings op `n humanitêre manier te bied terwyl standaarde gehandhaaf word.
  • Vermoë om te delegeer.
  • Diversiteitsbestuur met inklusiewe benadering.
  • Spanspeler wat deur voorbeeld leiding gee en personeel motiveer om die beste uit die span te kry.
  • Belangstelling, kennis en ondersteuning van buitemuurse aktiwiteite wat die skool se strewe na uitnemendheid bevorder.
  • Hoë akademiese standaarde met die doelstelling om die skoolkurrikulum relevant te hou, prestasie te meet en verder te ontwikkel.
  • Wetlike kennis, veral met betrekking tot skolewet, arbeidswet, grondwet en menseregte.

Volledige CV kan ingestuur word met die volgende gesertifiseerde dokumente aangeheg:

  • ID.
  • Akademiese Kwalifikasies.
  • SACE sertifikaat.
  • Nuutste betaalstrokie.

Aansoeke moet voor of op 30 September 2022 by mnr. JP Lessing ingehandig word of per e-pos aan hom gestuur word by jacol@leeuwenhof.co.za

Geskikte kandidate sal vir onderhoude genooi word

Closing Date
30/09/2022
Bedfordview, Germiston, South Africa
Number of Views: 412
X