Graad RR

Verified
deutsche-schule-kroondal.png
 

Die Deutsche Schule Kroondal

rig ‘n uitnodiging aan belangstellende onderwysers, in ‘n relevante vakgebied, om aansoek te doen vir die volgende vakature:

Graad RR

  • Advertensiedatum: 20 Desember 2024
  • Sluitingsdatum: 13 Februarie 2024

Die Deutsche Schule Kroondal (DSK) is ‘n privaatskool en is in Kroondal, aan die voet van die Magaliesberge net buite Rustenburg, geleë.  Sedert 1892 fokus die skool daarop om kinders op te voed met karakter, integriteit, rentmeesterskap en medemenslikheid. Die DSK maak voorsiening vir kinders vanaf ˊn 3-jarige ouderdom tot en met graad 7. Dit is ons missie om onderrig van uitstekende gehalte te lewer met die doel om veeltalige, Christelike en gebalanseerde kinders te ontwikkel, hulle volle potensiaal te ontsluit en om leerders vir alle fasette van die samelewing voor te berei.

 

Die ideale kandidaat sal aan die volgende basiese vereistes moet voldoen:

  • Duits magtig wees.
  • Beskik oor ‘n geskikte, Suid-Afrikaans-erkende kwalifikasie.
  • Ervaring in die onderrig van Kleuterskoolleerders sal voordelig wees.
  • Passievol, energiek, gemotiveerd en georganiseerd wees.
  • Oor goeie kommunikasie- en rekenaarvaardighede beskik.
  • SACE geregistreerd wees.

Verantwoordelikhede:

  • Aanbieding van alle klasse vir die Graad RR (5 jarige ouderdom) groep
  • Betrokkenheid by buitemuurse aktiwiteite en aangeleenthede met betrekking tot die Spatzennest asook die DSK

Rig aansoeke, tesame met ‘n volledige CV en ten minste drie verwysings, aan:

Die Skoolhoof                                                                                         Die Voorsitter van die BHL

Mev Crystelle Marais                                           of                               Mnr Bennie Havenga

014 536 3814 / 082 373 5658                                                              083 651 0249

principal.dsk@kroondal.org.za                                                                       bennie.havenga@gmail.com

Closing Date
13/02/2025
Kroondal, Rustenburg, North West, South Africa
Number of Views: 1174

You cannot copy content from this page