Visit the COVID-19 South African Resource Portal

Graad 000-0: Onderwyseres

Verified
leeuwenhof-akademie.png
 

Graad 000-0: Onderwyseres

Sluitingsdatum: Vrydag, 8 Oktober 2021

Diensaanvaarding: Januarie 2022

Leeuwenhof Akademie wil graag die dienste bekom van ‘n ervare voltydse Graad 000-0 onderwyser.

Vereistes is soos volg:

  • Geskikte professionele kwalifikasie in Grondslagfase onderwys.
  • Ten minste 3 jaar se ondervinding in die onderrig van Graad 000-0 kleuters.
  • Goeie organisatoriese en administratiewe vermoëns.
  • Uitstekende interpersoonlike vaardighede met kollegas, leerlinge en ouers.
  • ‘n Progressiewe, visioenêre denker, self-motiveerder, entoesiastiese en effektiewe kommunikeerder wat ‘n hoë premie daarop plaas om menseverhoudings te bou.
  • ‘n Betroubare toegewyde persoon met integriteit wat aanspreeklikheid aanvaar.
  • Die geskikte kandidaat moet onder druk kan werk, by sperdatums kan hou en innoverend wees.
  • Sterk rekenaarvaardighede in MS Office en MS Teams is ‘n voorvereiste.
  • Registrasie by SACE ‘n voorvereiste.
  • Bereid wees om volledig in te skakel by die buitemuurse program.

Volledige CV kan ingestuur word met die volgende gesertifiseerde dokumente aangeheg:

  • ID
  • Akademiese Kwalifikasies
  • SACE sertifikaat
  • Nuutste betaalstrokie

U kan u aansoek stuur aan beide Me H. Kriel by hanlie@leeuwenhof.co.za en
Me M. Hattingh by marietteh@leeuwenhof.co.za

Leeuwenhof Akademie behou die reg om nie ‘n aanstelling te maak nie.

Volgens die riglyne van die POPI (Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting), poog Leeuwenhof Akademie Privaatskool om die inligting van alle aansoekers in streng vertoulikheid te verseker en te hanteer. Hoewel alle redelike sorg geneem sal word om persoonlike inligting te beskerm, sal dit wel gebruik word tydens die werwings, keurings en verslagdoeningsproses. Om sodoende u aansoek en CV vir hierdie pos te oorweeg, moet u dit spoedig vir ons aanstuur, met die verstandhouding dat u hierdie vrywaring aanvaar.

Closing Date
08/10/2021
Leeuwenhof Akademie Privaatskool, Bedfordview
Number of Views: 311
X