DIENSDOENER

Verified
ruens-kollege.png
 

Rûens Kollege is ‘n onafhanklike, Christelike skool wat in die landelike Klipdale area van die Overberg geleë is. Ons onderrigtaal is Afrikaans. Ons wag aansoeke in vir die volgende vakante pos:

DIENSDOENER

Rûens Kollege is op soek na ʼn entoesiastiese individu om by ons span aan te sluit as diensdoener, om in beheer te wees van die inwonende koshuis leerders.

Verantwoordelikhede sluit die volgende in:

  • Toesig oor drie inwonende koshuis leerders vanaf Maandag tot Donderdag vanaf 14:00.
  • Toesig oor die pastorale en akademiese welsyn van alle leerders in die koshuis en optree in loco parentis vir kosgangers tydens die skoolkwartaal.
  • Opdien van ontbyt en aandete.
  • Oorsien daaglikse roetine, huiswerk en studietyd van leerlinge (Gr. 4 en Gr. 6).
  • ‘n Aktiewe belangstelling handhaaf in die akademiese vordering van kosgangers in die koshuis en ingryp namens hulle soos benodig, byvoorbeeld deur ouerkonsultasies by te woon, ens.
  • Verseker dat kommunikasie wat huis toe gestuur word, of aan leerlinge, deur ouers en versorgers gelees en verstaan word.

Vereistes

  • Ingeskryf wees vir relevante onderwys kwalifikasie.
  • Grondige kennis van beste onderrigpraktyke en wetlike opvoedkundige riglyne saam met ‘n bereidwilligheid om die skool se beleide en prosedures te volg.
  • Toepaslike noodhulp kennis.
  • Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede.
  • Goed georganiseer en toegewyd.
  • Sterk morele waardes en dissipline.

Aanvangsdatum: 1 Januarie 2025

Sluitingsdatum van aansoeke: 17 November 2024

Rig aansoeke deur ‘n Curriculum Vitae met ondersteunende dokumente, asook die kontakbesonderhede van drie verwysings te stuur aan hoof@ruenskollege.co.za.

Indien die skool u nie binne ‘n week na die sluitingsdatum kontak nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was

Closing Date
17/11/2024
Klipdale, Western Cape, South Africa
Number of Views: 206

You cannot copy content from this page