AFRIKAANS HUISTAAL – GRAAD 4 tot 7

Verified
ruens-kollege.png
 

Rûens Kollege is ‘n Christelike, onafhanklike skool wat in die landelike Klipdale area in die Overberg geleë is. Ons gebruik ‘n uitdagende kurrikulum met ‘n verskeidenheid onderrigstrategieë om die leerders met die nodige waardes, kennis en vaardighede toe te rus. Ons onderrigtaal is Afrikaans

Ons wag aansoeke in vir die volgende vakante pos:

AFRIKAANS HUISTAAL – GRAAD 4 tot 7

‘n Permanente betrekking is beskikbaar vir ‘n gekwalifiseerde en passievolle onderwyser om Afrikaans Huistaal in die Intermediêre- en Seniorfase te onderrig.

Die volgende vereistes is belangrik vir hierdie pos:

  • n relevante professionele onderwyskwalifikasie
  • SACE-geregistreer wees
  • Afrikaanssprekend
  • kreatief, innoverend, georganiseerd en passievol wees
  • kennis van koöperatiewe leerstrategieë
  • gewillig wees om tot die skool se waardes, etos en buitemuurse programme by te dra
  • goed in ‘n span kan saamwerk
  • selfgemotiveerd en verantwoordelik wees
  • oor goeie skriftelike en mondelinge kommunikasie vaardighede beskik

Aanvangsdatum: 1 Januarie 2025

Sluitingsdatum van aansoeke: 14 Oktober 2024

Rig aansoeke deur ‘n Curriculum Vitae met ondersteunende dokumente, asook die kontakbesonderhede van drie verwysings te stuur aan hoof@ruenskollege.co.za.

Indien die skool u nie binne twee weke na die sluitingsdatum kontak nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Closing Date
14/10/2024
Number of Views: 125

You cannot copy content from this page