
Entrepreneursopleiding
Groepwerk is lekkerwerk
Moderne rekenaarlokaal en mediasentrum
Kerskonsert se Josef en Maria
Op die sportveld stap ons ook die pad met God
Padpatrollie hou ons kinders veilig
Uitstappies vind jaarliks plaas
Uitreik met kombers vir die winterjou
PMR award 2008
Jaarlikse toere met die eerste spanne
Tjokkerrugby kook

Windhoek Afrikaanse Privaatskool streef om die toonaangewende skool in Namibië te wees en bied kinders, binne die geborge ruimte van ‘n gelukkige skoolgemeenskap, die geleentheid om tot toegeruste volwassenes begelei te word deur middel van:
- Kwaliteit onderrig
- Onderrig in Afrikaans
- Christelike waardes
Die skool is amptelik geopen op 4 Maart 1995 nadat die aansoek om registrasie aan die einde van die vorige jaar deur die Ministerie van Basiese Onderwys en Kultuur goedgekeur het. Die skoolhoof wat die leisels in die eerste jaar houvas het, was mnr Piet Burger. Hy is in 1996 opgevolg deur mnr Johan Esbach. Onder sy leiding is die skool in 2004 onder die nuwe Onderwyswet herregistreer as ‘n instansie wat onderrig in Afrikaans van Graad 1 tot 12 aanbied en waarvan die leerlinge in Graad 12 die eksamen van die IEB (Onafhanklike Eksamenraad) skryf. Sedert Mei 2004 is mnr Attie van Wyk die Skoolbestuurder.
In terme van die wet, is WAP ‘n vereniging sonder winsoogmerk. Hierdie skool ontvang geen subsidie van die staat nie en is ten volle verantwoordelik vir alle uitgawes, insluitende die salaris van die personeel.
Toelating tot die skool geskied binne die raamwerk van die Grondwet van die Republiek van Namibië. Die leerlingtal het Januarie 2007 vir die eerste keer die 500-kerf verbygesteek. In Januarie 2008 was die leerlingtal reeds 630 en dit sal oor die volgende paar jaar tot 900 uitgebrei word.
Vanaf graad 1 tot 7 word die Namibiese kernsillabus gebruik as basis vir onderrig. Met die oog op die sillabusse wat in die hoër grade gebruik word, word hierdie kernsillabus verryk en toepaslike aanvullings gemaak.
Vanaf graad 10 word daar gebruik gemaak van die sillabusse van die IEB (Independent Examination Board / Onafhanklike Eksamenraad). Een van die doelstellings van die IEB is om strukture en prosedures te bied wat kandidate in staat stel om te voldoen aan die eksamenvereistes soos deur die Gemeenskaplike Matrikulasieraad van die RSA gestel.
'n Verskeidenheid vakke word aangebied. Vakkeuse word egter bepaal deur die hoeveelheid leerlinge wat 'n betrokke vak in 'n sekere klasgroep wil neem.
In graad 8 en 9 word Rekenaargeletterdheid en Lewensoriëntering as nie-bevorderingsvakke aangebied terwyl die volgende bevorderingsvakke aangebied word:
- Afrikaans Huistaal
- Engels Huistaal OF Engels Eerste Addisionele Taal
- Duits Tweede Addisionele Taal
- Wiskunde
- Fisiese Wetenskap
- Lewenswetenskap
- Geskiedenis
- Geografie
- Ekonomiese Bestuurswetenskap
- Gasvryheidstudies
- Tegnologie
In graad 10 - 12 word die volgende bevorderingsvakke aangebied:
- Afrikaans Huistaal
- Engels Huistaal OF Engels Eerste Addisionele Taal
- Wiskunde OF Wiskunde Geletterdheid
- Lewensoriëntering
- Fisiese Wetenskap
- Lewenswetenskap
- Geografie
- Rekeningkunde
- Besigheidstudies
- Gasvryheidstudies
- Toerisme
- Rekenaartoepassingstegnologie
WAP streef daarna om ‘n gebalanseerde opvoeding en onderrig aan elke leerling te verskaf. Dit behels nie net akademiese onderrig nie, maar ook deelname aan sport- en kultuuraktiwiteite. In die verband word geleenthede gebied waardeur ons leerlinge hulself verder kan bekwaam en voorberei vir die lewe as volwassenes. Dit is die verantwoordelikheid van elke leerling om op hierdie terrein ‘n positiewe bydrae te maak.
Ons het ‘n ooreenkoms met ‘n sportklub waarvolgens ons voluit van hul sportgeriewe gebruik mag maak. Hoewel WAP nie oor eie sportfasiliteite beskik nie, kan ons leerlinge op een van die toonaangewende sportklubs in Namibië se geriewe hul sport beoefen. WAP maak ook ruim gebruik van afrigters van buite skoolverband.
Sportafrigting word aangebied in skaak, atletiek, rugby, netbal, hokkie en krieket. Talle WAP-leerlinge is ook betrokke in sportsoorte soos fietsry, swem, tennis, perdry, gimnastiek, moto-X, baldans, ens. Die skool is reeds vir verskeie jare die organiseerder van die Privaatskole Atletiekbyeenkoms waarby meer as 1000 atlete uit 21 skole van regoor Namibië in 2008 betrokke was.
Op die Kultuurakker kry leerlinge geleentheid om betrokke te raak by drama, redenaars, Mnr en Mej WAP, kunsuitstallings, kunstefeeste, musiekblyspele en WAPRANT (ons skoolkoerant). Benewens hierdie aktiwiteite word leerlinge aangemoedig om privaat onderrig te ontvang in musiek, dans, ballet, sang, ens.
Sedert Januarie 2008 het WAP ‘n eie pre-primêre skool wat kinders van 3 jaar tot Graad 0 versorg en vir skool voorberei, bekend as Treintjieskool. Die skooltjie huisves 110 kinders met voorskoolse klasse in onderskeidelik Engels en Afrikaans. Die goeie nasorgfasiliteite by die skool vind ook neerslag in die nasorg wat by WAP vir leerlinge van Graad 1 tot 12 aangebied word.
WAP is ingeskakel by die Namibiese Afrikaanse Vereniging vir Christelike Onderwys (NAVCO) wat gestig is om in bepaalde behoeftes van die Afrikaanse privaatskole te voorsien. Hierdie behoeftes behels o.a. koördinering, professionele leiding t.o.v. leer- en onderrigaangeleenthede, ontwikkeling van kurrikula en leermateriaal asook organisatoriese reëlings i.v.m. die skooleindeksamen.
School Phase:- Primary
- Secondary
Highest Grade: Grade 12
Boarding: No
Number of Pupils: 848
Founding Year: 1995
Lowest Tuition Fees Per Annum: R12960
Highest Tuition Fees Per Annum: R21660
Address: 5 Drakensberg Street
Telephone: 00264 61 244 191
Fax: 00264 61 238 664
Website: http://www.wap.edu.na
Suburb: Erospark
City/Town: Windhoek
Country: Namibia
Please do not use this form to enquire about employment. We cannot forward unsolicited job enquiries to schools.

