
AKADEMIE
Midstream College is ‘n parallelmedium skool wat streef na die handhawing van hoë akademiese standaarde op alle terreine. Deur middel van verrykte kurrikulum word ons leerders voorberei vir akademiese uitdagings wat in die toekoms mag wink.
Deur middel van differensiasie in die drie hoofvakke (Afrikaans, Engels en Wiskunde) word leerders die geleentheid gegun om optimaal volgens hul vermoëns te presteer.
Afrikaans en Engels word as hooftale aangebied. Afrikaans word egter ook as addisionele taal aangebied om tweede taalleerders te akkommodeer.
MUSIC
Midstream College’s music department is unique as a large number of learners are afforded the opportunity of tuition in many different musical instruments and genres during and after school. Tuition is offered in violin, guitar, recorder, piano, drums, singing and theory of music. The school is proud to have a percussion band and violin ensemble.
KULTUUR
Deur ons leerders aan verskeidenheid kulturele aktiwiteite bloot te stel, streef ons daarna om ook liefde en waardering vir die estetiese by hulle aan te wakker. Kulturele aktiwiteite sluit die volgende in:
- Deelname aan interne en eksterne redenaarskompetisies in beide tale. Daar word ook jaarliks aan die ATKV Redenaarskompetisie en Toastmasters deelgeneem.
- Die Junior- en Senior Revuegroepe tree in die Staatsteater op en neem jaarliks met groot welslae aan verskeie kompetisies deel.
- Die Junior- en Seniorkoor tree ook gereeld in die Staatsteater op en het al die verhoog met bekende Suid-Afrikaanse sangers gedeel.
- Tydens die jaarlikse kultuurfees word daar aan leerders die geleentheid gegun om hul talente in sang, dans, voordrag, koekversiering, kuns, blommerangskikking, skryfkuns en musikale voordrag te ontgin.
- Gedurende die MCCA (Midstream College Christelike Aksie) se weeklikse byeenkomste word daar gesellig rondom die Woord saamgekuier met die doel om geestelik te groei.
SPORT
The Sport Programme, as well as the Physical Educational Programme in the school endeavour to foster the following principles:
- To provide an opportunity for mass participation.
- To provide an opportunity to be exposed to a number of sports. We offer athletics, tennis, cricket, squash, rugby, equestrian, hockey (boys and girls), golf (boys and girls), judo, karate, cross country, netball and swimming.
- To offer learners the opportunity to compete responsibly.
We believe that sport fosters social skills, endurance and discipline. Therefore, we require of all our learners to participate in a sport of their choice.
Midstream College is proud of the learners’ growth and achievement in various the sporting fields offered at our school and look forward to further highlights and successes.
ANDER AKTIWITEITE
In die jaarprogram word daar ook voorsiening gemaak vir prettige aktiwiteite soos kaskarwedrenne, waterkaskenades, potjiekosdae, storieaande en pretlope. Sodoende kry ouers die geleentheid om mekaar en die onderwysers beter te leer ken.
Midstream College, skool van “Exellentia”, streef dus daarna om gebalanseerde leerders te kweek wat elk na die beste van hul vermoë presteer op akademiese, kultuur- en sportgebied.
School Phase:- Pre-Primary
- Primary
Highest Grade: Grade 7
Boarding: No
Number of Pupils: 1126
Founding Year: 2005
Religious Affiliation: Christian
Lowest Tuition Fees Per Annum: R32100
Highest Tuition Fees Per Annum: R32100
Address: 1 Ashford Street
Postal Code: 1692
Telephone: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643
Website: http://www.midrand-estates.co.za
Suburb: Midstream Estate
City/Town: Midrand
South African Province: Gauteng
Country: South Africa
Please do not use this form to enquire about employment. We cannot forward unsolicited job enquiries to schools.














